le type="text/css"> ">

Nata Lodges

NATA LODGE

Nata Lodge – poort na die Okavango Delta, Chobe en Francistown. Bekostigbare luukse verblyf.

 

STUUR E.POS
ENGLISH
TUISBLAD

Nata Lodge main building
 
 

As jy ‘n voëlliefhebber is, is daar een plek wat jy beslis moet besoek: Nata Lodge naby die bekende “Nata Sanctuary” in Botswana.

Nata Lodge is op die rand van die Makgadikgadi Soutpanne – die grootste soutpanne ter wêreld. Die panne is die oorblyfsel van Afrika se grootste binnelandse see. Die Lodge is tussen Mokolwane-palms op die rand van die Makgadikgadi-panne geleë.
Die Nata-rivier vorm ‘n delta wat die “Nata Sanctuary” se Sua-pan voed. Dit is die broeiplek van duisende watervoëls, soos flaminke en pelikane.

‘n Begeleide toer in een van Nata Lodge se oop voertuie is iets wat nie misgeloop moet word nie. Bykans 165 voëlspesies is al in die “Nata Sanctuary” aangeteken.
Die Nata Lodge word deur talle bome omring, en dit is die tuiste van etlike voëls van verskillende spesies.

‘n Waterfontein en ‘n voedingsgebied vir die voëls sorg dat daar altyd voëls is om dop te hou. Onder die spesies word by die Nata Lodge aangetref word, is die paradysvink (“Paradise Wydah”), bospatrys (“Crested Francolin”),  bosveldpapegaai (“Meyer’s Parrot”), ensovoorts. In die aande sorg die aandvoëls vir die vermaak.

Nata Lodge het ‘n uitstekende restaurant met ‘n a la carte spyskaart, terwyl gaste op Saterdagaande ‘n braai-buffet in die boma kan geniet.

Nata Lodge terrace
Nata Lodge lounger
Nata lodge swimming pool
  Nata lodge dinning area at night
Nata Lodge dinning room Nata Lodge wine
Nata lodge reception
Nata lodge dinner tables
nata lodge twin room
Nata Lodge family room

BOTSWANA

Francistown, Botswana se tweede grootste dorp, is 200 km suid van Nata Lodge. Die Thapama Hotel en die Marang Gardens Hotel bied uitstekende verblyf in Francistown. As jy die Chobe Nationale Park en Kasane wil besoek na jou kuier by Nata Lodge, oorweeg die Mowana Safari Lodge op die walle van die Choberivier is 300 km na die Noorde. In die weste deel van Botswana is daar twee lodges wat ons sterk aanbeveel: Thakadu Camp naby Ghanzi op 'n wildsplaas, en die Kalahari Arms Hotel binne in die dorp. Ghanzi kan as die poort na die Sentrale Kalahari Reservaat beskou word.

NAMIBIA

Dit sal omtrent twee dae vat om te ry van Nata Lodge na Swakopmund in Namibië. In Swakopmund glo ons dat Alte Brucke selfsorg eenhede naby die strand 'n goeie opsie is. As jy besluit om Etosha Nationale Park te besoek, probeer Etosha Lodge net suid van die Anderson hek. Sossusvlei Lodge by Sesriem is'n baie luukse hotel meer as 1000 km van Nata. Daar is ook 'n klomp hotelle in Swakopmund.

ZIMBABWE

Van Nata Lodge kan jy oor die grens by Pandamatenga in Zimbabwe ingaan. Dit sal jou na 'n wildernis gebied binne ure neem. Van Pandamatenga kan jy binne twee ure in Victoria Falls wees waar A'Zambezi River Lodge op die walle van die Zambezirivier lê. In Harare, die hoofstad van Zimbabwe, kan jy by die Rainbow Towers Hotel bly wat voorheen as die Sheraton Hotel bekend was.